logo

Erfdeel: Koos du Plessis – Versamelde Werke

2

Rent or Buy eTextbook

Lifetime

40.98 SAR

Inclusive of VAT


Note: This product is digital and will be delivered through the e-mail that was entered when registering on the site, you’ll receive an e-mail message containing the digital product code that you will use later for activation once the payment is completed. To learn how to get the product please click here

Discription

Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodieë het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met dié van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan. Koos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit. Liedjies soos “Sprokie vir ’n stadskind” en “Kinders van die wind” het onuitwisbaar deel geword van die Afrikaanse kultuurskat; sy liedjies word gesing op enige plek waar daar Afrikaans gehoor word; en meer as ’n honderdtal kunstenaars wat musiek maak oor ’n breë spektrum – van Theuns Jordaan tot Johannes Kerkorrel en Battery 9 tot Refentse Morake – het al ’n Koos Doep-liedjie opgeneem of vertolk. Koos kan egter moeilik getipeer word slegs as Afrikaanse liriekskrywer: benewens ’n sestigtal oorspronklike liedjies, het daar ook postuum twee versbundels onder sy naam verskyn. Daar is steeds ’n aanvraag na Koos se eie vertolkings van sy liedjies, wat daarop dui dat hy ook vir homself ’n staanplek as uitvoerende kunstenaar afgebaken het. Dan het sy inkennigheid, ongemaklike verhouding met die pers en vroeë dood hom natuurlik ook ’n besonder enigmatiese figuur binne die Afrikaanse kultuurwêreld gemaak. Dis egter moeilik om meer oor Koos en sy werk te wete te kom. Tot die groot frustrasie van joernaliste, was hy publisiteitsku en het hy selde onderhoude toegestaan. Daar is ook nie ’n opgaaf van sy kreatiewe werk en sy veeltal lirieke beskikbaar nie. ’n Koos du Plessis-liriekbundel met die lirieke en melodielyne van die liedjies op sy eerste twee albums is al ’n geruime tyd nie meer beskikbaar nie, en baie van Koos se latere lirieke is aan ’n groot deel van sy aanhangers onbekend. Met Erfdeel word hierdie leemte gevul. Die boek bring Koos se kreatiewe werk vir die eerste maal byeen, en vul dit aan met ’n oorsig van sy musiekloopbaan en leefwêreld, asook gedagtes oor die invloed van sy nalatenskap. Al Koos se lirieke – wat ook as verse gelees kan word – is ingesluit, asook enkele toonsettings van Koos se verse deur ander kunstenaars. Vir liedjieskrywers, musiekmakers en musiekliefhebbers se onthalwe word kitaarakkoorde by elk van die lirieke geplaas. Die verse uit Koos se twee bundels – Om jou verlaas te groet (Human & Rousseau, 1985) en Skink nog ’n uur in my glas (Queillerie, 1995) – is heropgeneem saam met ’n vyftiental ongepubliseerde verse. Erfdeel bevat ook biografiese notas oor Koos se lewe, foto’s, en besonderhede oor die ontstaansgeskiedenis van sommige van sy bekendste liedjies.

ISBN 9781776482849
EISBN 9781776482856
Author Irma du Plessis
Publisher University of Johannesburg Press

Book Reviews

tikbook whatsapp