logo

Krok en Dil Vlak 1 Boek 1

Rent or Buy eTextbook

Lifetime

7.85 SAR

Inclusive of VAT


Note: This product is digital and will be delivered through the e-mail that was entered when registering on the site, you’ll receive an e-mail message containing the digital product code that you will use later for activation once the payment is completed. To learn how to get the product please click here

Discription

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy sê een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. “My kinders het grootgeword met stories – van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder ’n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou ’n leesreeks skryf wat vir lesers – en ouers! – ’n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

ISBN 9781776250905
EISBN 9781776250912
Author Jaco Jacobs
Publisher Macmillan South Africa

Book Reviews

tikbook whatsapp